More Information

Menlo-koshuis
Ons Menlo-koshuis is nie ‘n skoolkoshuis soos van ouds nie, maar ‘n Menlo-gesin in ‘n heerlike Menlo-wooneenheid op die skoolterrein waar passievolle Menlo-manne en Menlo-meisies gekoester word. Die Menlo-koshuis ondersteun die Menlo- waardes van integriteit, lojaliteit en respek en ywer. Parkies wat gemotiveerd, entoesiasties en absoluut passievol is om die skool se geleenthede te gebruik, word in die Menlo-koshuis met ope arms verwelkom.

Die Menlo-koshuis bied ‘n geleentheid vir gemotiveerde deelnemende leerders om in ‘n veilige, gedissiplineerde, maar gesellige gesinsopset hulle maksimale potensiaal te bereik en saam met ons skool groot te droom en hard te werk om elkeen se drome vlerke te gee!

Die Menlo-koshuis is splinternuut. Dié koshuis het sy deure Julie in 2009 geopen en is geleë in die hartjie van die skool, wat dit moontlik maak vir inwoners om met veiligheid en gemak te beweeg na die sportgrond, Blouteater, gimnasium, muurbalbane, 50m Olimpiese standaard swembad, rekenaarsentrum en mediasentrum.

Die Menlo-koshuis is stapafstand van ‘n winkelsentrum, apteek, mediese dokter en tandarts af.

Absolut koshuislewe
Die Menlo-koshuis is in die hart van die skool geleë en bied ’n tuiste vir gemotiveerde, presterende leerders wat van die wye verskeidenheid geleenthede wat die skool bied, gebruik wil maak. Hierdie koshuis ondersteun in elke opsig die skool se strewe na uitnemendheid en is met trots in die Menlo-waardes van integriteit, lojaliteit, respek en ywer gewortel.

Koshuisinwoning maak voorsiening vir 57 seuns en 49 meisies van graad 8 tot graad 12
Die bestuur van die koshuis word deur ’n koshuisraad hanteer, wat uit ’n ervare koshuisvader en nog 5 diensdoenende onderwysers bestaan - almal ook aan die skool verbonde en permanente inwoners in die koshuis.

Kontak ons
Adres:

Die Hoërskool Menlopark
Atterburyweg
Menlopark
Pretoria
0081

Telefoon:+27 (0) 12 361 7738

Faks:+27 (0) 12 348 6827

E-pos: info@menlopark.co.za

Public Secondary School, Specialising In Ordinary School. Local Municipality Is City Of Tshwane Metropolitan Municipality Located In The District Of Tshwane South. ATTERBURY ROAD, MENLO PARK, PRETORIA,0081

    This Ad has been viewed 248 times.

    Show Boarding Schools

    As shown above we list all boarding school information. We make it easy for you to contact any boarding school directly. in addition you can find schools in a similar area or province.

    A boarding school provides education for pupils who live on the premises, as opposed to a day school. The word “boarding” is used in the sense of “room and board” i.e., lodging and meals. As they have existed for many centuries, and now extend across many countries, their function and ethos varies greatly.

    Fewer Distractions. Boarding school students can focus better on their studies because television, video games, phones and other distractors are limited. These young scholars usually perform better academically because they live in an environment that is conducive to learning.