Contact Information
Contact Hoërskool Lichtenburg
+27 18 632 6202/3
Visit Website
More Information

Hoërskool Lichtenburg - Ons spog met twee volle toegeruste koshuise – Justitia Meisieskoshuis en Aanhouwen Seunskoshuis. Albei is op die skoolterrein en die veiligheid van leerders word ten alle koste eerste gestel.

Die spyskaarte vir drie gebalanseerde maaltye per dag, word deur ‘n paneel van dieetkundiges uitgewerk, en dan in ‘n moderne kombuis met gesonde gaarmaakmetodes voorberei.

Elke koshuis het sy eie koshuisvader en personeel.

VISIE
Ons sien ʼn toekoms:

Waar naskoolse opleidingsrigtings en werkgewers ons leerders as ʼn onmisbare hulpmiddel tot hulle sukses beskou.

MISSIE
Ons streef daarna:

Om die Christelike waardes en norme in oorleg met ons Grondwet te bevorder.
Om ʼn leeromgewing te skep waar ons onderwysers werkstevredenheid sal ervaar deur hulle te ondersteun met die nodige tegnologiese onderwyshulpbronne en professionele opleiding en ontwikkeling.
Om ʼn leeromgewing te skep waar ons leerders akademiese, morele en geestelike bewuswording kan ervaar en wat hulle selfversekerd en ontvanklik sal maak vir die omgewing sodat hulle verantwoordelikheid vir hulle optrede sal aanvaar.
Om ʼn verskeidenheid van aktiwiteite wyer as die kurrikulum te voorsien vir persoonlike bemeestering en om die waarde van spanwerk te vestig.
Om genoegsame finansiële hulpbronne met innoverende besigheidsinisiatiewe te genereer sodat noodsaaklike infrastruktuur beskikbaar kan wees en die skool sover moontlik onafhanklik kan funksioneer.

WAARDES
Ons koester:

Kwaliteit onderwys met hoë standaarde en die fokuspunt op tegnologie;
ʼn Onderwysklimaat wat voortdurende verbetering nastreef;
ʼn Kollegiale omgewing vir professionele optrede;
ʼn Vennootskap met ons ouers en die NWDO
ʼn Leeromgewing wat verdraagsaamheid en wedersydse respek bevorder;
Geleenthede vir leierskap en kritiese denke;
Trots by ons leerders, onderwysers en gemeenskap;
ʼn Wenkultuur, gedryf deur prestasie met passie.

SLAGSPREUK

“Ons doen die gewone op ʼn buitegewone manier.”

Public Secondary School, Specialising In Comprehensive. Local Municipality Is Ditsobotla Local Municipality Located In The District Of Lichtenburg. 1 SCHOLTZ STREET,,RETIEFS PARK,LICHTENBURG,2740

    This Ad has been viewed 278 times.

    Show Boarding Schools

    As shown above we list all boarding school information. We make it easy for you to contact any boarding school directly. in addition you can find schools in a similar area or province.

    A boarding school provides education for pupils who live on the premises, as opposed to a day school. The word “boarding” is used in the sense of “room and board” i.e., lodging and meals. As they have existed for many centuries, and now extend across many countries, their function and ethos varies greatly.

    Fewer Distractions. Boarding school students can focus better on their studies because television, video games, phones and other distractors are limited. These young scholars usually perform better academically because they live in an environment that is conducive to learning.