More Information

HOËRSKOOL KOSHUIS - HUIS ESTERHUIZEN
Huis Esterhuysen is op 25 April 1959 geopen deur Dr. JG Meiring destydse SGO van die Provinsiale Administrasie van die Kaapprovinsie met die woorde "Dit is nie woorde nie, maar dade wat tel." En dit is hierdie leuse wat die harte van die inwoners van Huis Esterhuysen roer. Hier tel dade, want hier speel ons hard, leer ons hard en werk ons hard! `n Duidelike bewys hiervan is die verskeie toppresteerders wat jaarliks tydens Hoërskool Stella se prysuitdeling beloon word. Die oorgrote meerderheid van die akademiese toppresteerders tydens dieselfde geleentheid vir Gr 8 – 12 is ook gewoonlik inwoners van Huis Esterhuysen.

Die koshuis huisves tans 71 inwoners waarvan 32 seuns en 39 dogters is. Gereelde studie-ure verseker die akademiese prestasies van die leerders en baie geleentheid word ook gegee vir geestelike ontwikkeling en ook hier poog ons om die kinders te leer dade spreek meer as leë woorde. Gedurende die kwartaal is daar daagliks drie verpligte studietye en gedurendie die eksamen `n verdere twee.

LAERSKOOL KOSHUIS - HUIS ESTRELLITA
Huis Estrellita huisves Grade 1 tot 7 leerders. Ons huisves ook middagleerders en ‘n speelparkie maak voorsiening vir heerlike speel.

Grade 1 tot 3 leerders word voorsien van ‘n ekstra personeellid om hul te help met huiswerk na skool.

Vir goeie akademiese uitslae word voorsiening gemaak vir studietye in die middag en aand vir Grade 4 tot 7 leerders.

Tydens aandstudie kyk Grade 1 tot 3 leerders onder toesig video in ‘n spesiaal ingerigte videokamer.

Graad 7 leerders tree op as prefekte en ontferm hul ook oor die kleiner leerders.

As enigste Afrikaanse Hoër- en Laerskool in Stella is die Hoërskool Stella bewus van sy verantwoordelikheid om 'n bydrae te lewer tot die opvoeding van sy leerlinge volgens Afrikaanse tradisie, gegrond op Christelike norme. Gesien in die lig van die skool se roeping, stel die skool hoë eise aan sy leerlinge ten opsigte van pligsbesef, toewyding, netheid, dissipline, wellewendheid en 'n gebalanseerde lewensuitkyk. Die skool se missie is hierby ter insae.

Die skool se vakkeuse en kursusse is beplan om voorsiening te maak vir voortgesette studie aan universiteite, technikons en kolleges, en maak ook voorsiening vir leerlinge wat onmiddelik na hulle skoolopleiding tot 'n beroep wil toetree. Bestudeer gerus die vakkeuses en skakel waar onsekerheid mag voorkom.

DIE HELDERSTE STER AAN DIE AFRIKAANSE PLATTELANDSE SKOLERUIM

Public Combined School, Specialising In Comprehensive. Local Municipality Is Naledi Local Municipality Located In The District Of Taledi. 01 N MAFIKENG ROAD,STELLA,8650

    This Ad has been viewed 183 times.

    Show Boarding Schools

    As shown above we list all boarding school information. We make it easy for you to contact any boarding school directly. in addition you can find schools in a similar area or province.

    A boarding school provides education for pupils who live on the premises, as opposed to a day school. The word “boarding” is used in the sense of “room and board” i.e., lodging and meals. As they have existed for many centuries, and now extend across many countries, their function and ethos varies greatly.

    Fewer Distractions. Boarding school students can focus better on their studies because television, video games, phones and other distractors are limited. These young scholars usually perform better academically because they live in an environment that is conducive to learning.