More Information

Huis Botha
Huis Botha Meisiekoshuis Hoërskool Dirkie Uys
2019 Prefekte

Boodskap van die hoofdogters:

Marchay Kalumpie

Ek het in graad 8 in die koshuis ingestap. ‘n Bang, skaam meisie wat skaars twee woorde kon praat. Danksy my Huis Botha sussies het ek uit my dop uit geklim en nuwe vriende gemaak. Die koshuis het my tweede huis geword.
Dit is vir my ‘n eer en ‘n voorreg om die hoofdogter van Huis Botha vir 2019 te wees. Ek wil graag dankie sê aan almal wat hulle vertroue in my gestel het, ek sal julle nie teleurstel nie.
Ek beloof om elke taak met passie en toewyding uit te voer. Die koshuis is vir my soos ‘n tweede huis en daarom sal ek daarna streef om ons waardes ‘n realiteit te maak. Ek onderneem om te lei deur my voorbeeld en nie deur my woorde nie.
Ons koshuis is klein en geheg en ek sal graag daarop wil voortbou en die band tussen die meisies net sterker maak. Ek sien verskriklik uit en bid dat God my en my mede VRL-lede die nodige krag sal gee en alles wat ons doen te seën. 2019 gaan ‘n fantastiese jaar wees.

Huis Morelig
Huis Môrelig Seunskoshuis Hoërskool Dirkie Uys

Boodskap van ons Hoofseun 2019: Esra Pietersen

My pad met Huis Môrelig en Hoërskool Dirkie Uys het in 2015 begin toe ek graad 8 was. Ek was bang en onseker. Bang vir die uitdagings wat vir my lê en wag.
Stadig, maar seker het ek begin voel asof ek hier in Huis Môrelig hoort. Die koshuis het, maar soos alle instansies, reëls. Volg die reëls en jou lewe is soveel makliker.
Die koshuis is soos ‘n groot huisgesin. Soms het ons meningsverskille, maar op die ou einde word daar jammer gesê en liefde getoon.
In die koshuis is daar baie ontspanningsgeriewe soos DSTV, “pool”-skiet en tafeltennis. Die lekkerste is wanneer daar dinge gedoen word soos sokkies en om te braai.
As hoofseun van Huis Môrelig Seunskoshuis wil ek graag ‘n voorbeeld en ‘n rolmodel wees. Ek wil nie net sien dat die reëls toegepas word nie, ek wil ook ‘n verhouding bou met elke koshuisleerder. Hul moet die vrymoedigheid hê om oor enige saak met my te gesels.
Ek het groot verwagtinge vir 2019 en met die hulp van my mede koshuisbroers en prefekte kan ons die reeds goeie koshuis na ‘n self beter een verander.

Public Secondary School, Specialising In To Be Updated. Local Municipality Is Swartland Local Municipality Located In The District Of West Coast. RESERVOIR STREET,MOORREESBURG,

    This Ad has been viewed 193 times.

    Show Boarding Schools

    As shown above we list all boarding school information. We make it easy for you to contact any boarding school directly. in addition you can find schools in a similar area or province.

    A boarding school provides education for pupils who live on the premises, as opposed to a day school. The word “boarding” is used in the sense of “room and board” i.e., lodging and meals. As they have existed for many centuries, and now extend across many countries, their function and ethos varies greatly.

    Fewer Distractions. Boarding school students can focus better on their studies because television, video games, phones and other distractors are limited. These young scholars usually perform better academically because they live in an environment that is conducive to learning.