More Information

KOSHUISE
Die koshuise bestaan reeds vir 85 jaar. Ons is baie trots op die opgraderings wat so pas afgehandel is. Huis Vereniging bied losies aan 80 dogters, terwyl Huis Oranje ook 80 seuns kan huisves.

Ons koshuise bied:

Veilige (elektriese omheining) en aangename huisvesting.
Opgeleide personeel wat tussen die leerders woon en verseker dat goeie dissipline en Christelike waardes geld.
Spyskaarte vir gebalanseerde etes is deur ‘n dieetkundige opgestel.
Sport- en skoolgronde is bereikbaar binne ‘n radius van 100m.
Bekostigbare losiesgelde.
Baie ruimte en ontspanningsfasiliteite.
Parkeerruimte vir bromponies en motorfietse.
Vasgestelde en verpligte studietye.
Vasgestelde tye vir Bybelstudie.
Die koshuisgangers se sosiale lewe sluit in: Sokkies, TV, Fliek, “af-/dorpsmiddag” op Woensdae, en die jaarlikse koshuisafsluiting.
Inwoners kan naweke inbly teen ‘n addisionele tarief. Daar is twee verpligte uit-naweke per kwartaal.
Ons personeel poog om vir ons plattelandse leerders ‘n veilige en huislike atmosfeer te skep waarin hulle geborge sal voel.
Huis Vereniging

Die meisieskoshuis se inwonende koshuisouers is Mnr Riaan Kotze en sy vrou, Lorraine. Mnr. Kotze is ook skoolhoof by Hoërskool Upington en Lorraine is self ook ‘n onderwyser by Hoërskool Upington. Die Kotze’s het ‘n passie vir jongmense en geniet hul rol as “ouers van vele”.

Huis Oranje

Die seunskoshuis se inwonende ouers is Mnr. Jacques Swanepoel en sy vrou Mariëtta. Hulle het twee laerskoolkinders. Mnr. Swanepoel is ‘n onderwyser by Hoërskool Upington en rig krieket en rugby af. Mariëtta is ‘n onderwyseres by ‘n plaaslike laerskool. Mnr Swanepoel en sy vrou is baie gretig om van Huis Oranje ‘n lekker leefplek te maak. Die atmosfeer is gemaklik binne die raamwerk van dissipline.

Public Secondary School, Specialising In Ordinary School. Local Municipality Is Khara Hais Local Municipality Located In The District Of Siyanda. LE ROUX STREET, UPINGTON,

    This Ad has been viewed 47 times.

    Show Boarding Schools

    As shown above we list all boarding school information. We make it easy for you to contact any boarding school directly. in addition you can find schools in a similar area or province.

    A boarding school provides education for pupils who live on the premises, as opposed to a day school. The word “boarding” is used in the sense of “room and board” i.e., lodging and meals. As they have existed for many centuries, and now extend across many countries, their function and ethos varies greatly.

    Fewer Distractions. Boarding school students can focus better on their studies because television, video games, phones and other distractors are limited. These young scholars usually perform better academically because they live in an environment that is conducive to learning.