More Information

Hoër Landbouskool Marlow - KOSHUISE - Al ons seuns woon in koshuise. U seun ontwikkel in ‘n veilige omgewing saam met seuns van sy portuur.

Huis Sarel Brandt & Braam Mulder Anneks:
Huis Willie Michau:

Hoër Landbouskool Marlow, geleë op die oewers van die Groot Visrivier, 10 km buite die pragtige dorp Cradock in die Oos-Kaap. Marlow is ‘n skool soos geen ander skool nie – ‘n skool met ‘n tradisie van uitnemendheid op alle terreine van die opvoeding.

n Leefwyse waarvan elke seun droom!

Jy kan jou seun die geleentheid gee om te ontwikkel en te groei volgens ‘n lewenstyl wat nêrens anders gekry word nie. Marlow bied ‘n veilige omgewing en plattelandse waardes in harmonie met God se skepping.

Outydse waardes en dissipline is nog op Marlow belangrik en help jou seun om die wêreld na skool vierkantig in die oë te kyk. Op Marlow moet seuns nog speel. Die 3500 hektaar groot Karooplaas waarop die skool geleë is bied seuns die geleentheid om nog seuns te wees en gee hulle die vryheid om hulle drome uit te leef.

Waardegedrewe onderwys met die klem op persoonlike prestasie word aangevul met doeltreffende buitemuurse aktiwiteite en sport met maksimum geleenthede. Puik tradisies en gesonde ontspanning bou aan selfbeeld en maak jou seun gereed om suksesvol die lewe na skool te betree.

Ontspanning is ook ontwikkeling en is net so belangrik soos akademiese- en buitemuurse prestasies. By watter skool kan seuns nog speel en ontwikkel langs ‘n standhoudende rivier, visvang, met binnebande dryf of net gesellig saam braai en kuier saam met vriende van sy portuur?

WAT MAAK MARLOW ANDERS…en beter!

• Al ons seuns woon in koshuise. U seun ontwikkel in ‘n veilige omgewing saam met seuns van sy portuur.
• Marlow is ‘n plaas en seuns word naby die natuur groot. Hulle ontwikkel ‘n respek vir God se skepping.
• Seuns op Marlow is trots op hulle skool en daarom ook trots op hulleself. Marlowseuns het ‘n positiewe selfbeeld.
• Tradisies maak Marlow anders en ontwikkel selftrots.
• Ander ontspanning as waaraan seuns gewoonlik gewoond is: sport, visvang, swem in die rivier en ontspan by die kaias is ‘n klein deeltjie daarvan.

Dit is die enigste hoërskool in die Oos-Kaapse platteland wat ‘n seunskool is, waar moedertaal (Afrikaans) onderrig geweldig belangrik, is, en waar die seuns ontwikkel en skoolgaan op ‘n plaas.

Hierdie drie eienskappe maak die skool baie besonders en hou voordele vir ons leerders in wat nêrens anders gekry kan word nie.

‘n Seunskool beteken tradisies en ‘n skooltrots wat deur die jare gevorm en gebou is tot iets unieks wat van onskatbare waarde vir die ontwikkeling van ons leerders is. Suiwer moedertaalonderrig beteken dat die seuns kan grootword in ‘n omgewing waar hulle tuis voel en waar hulle kan groei met waardes eie aan ons kultuur en godsdiens.

Die feit dat dit alles op ‘n plaas gebeur, beteken dat die seuns beskerm word teen die negatiewe uitdagings van die moderne lewe en dat hulle naby aan God se skepping, met dier en plant om hulle, die ideale omstandighede het om sonder steurnisse van buite te kan voortgaan om hul voor te berei op die wêreld wat daar buite wag.

Die skool is geleë op die walle van die Groot Visrivier op ‘n plaas 10 kilometer buite Cradock. Die skool, koshuise, plaasgeboue en omgewing maak van Marlow ‘n gemeenskap in die kleine.

Dit skep ‘n kampusgevoel wat weer bydra tot ‘n samehorigheidsgevoel onder leerders, ouers, personeel en oudskoliere. Ons is een groot familie!

MARLOW IS N LEEFWYSE!

‘N GEMEENSKAP IN DIE KLEINE

"Verander jou seun se leefwyse – Marlow, werklik meer as net skool!"

    This Ad has been viewed 180 times.

    Show Boarding Schools

    As shown above we list all boarding school information. We make it easy for you to contact any boarding school directly. in addition you can find schools in a similar area or province.

    A boarding school provides education for pupils who live on the premises, as opposed to a day school. The word “boarding” is used in the sense of “room and board” i.e., lodging and meals. As they have existed for many centuries, and now extend across many countries, their function and ethos varies greatly.

    Fewer Distractions. Boarding school students can focus better on their studies because television, video games, phones and other distractors are limited. These young scholars usually perform better academically because they live in an environment that is conducive to learning.